Bosveld NewsNews

Wees voorbereid as ‘n brand skielik uitbreek

In die geval van 'n huisbrand, kan vuur jou grootste vyand word en die skade aan jou eiendom en besittings miljoen rande beloop.

MOKOPANE – Na die eienaar van Qila Grassnyerdienste, Jan Visser, alles verloor het in ‘n huisbrand het Bosveld dit goed gedink om om lesers in te lig oor brandgevaar en hoe om op te tree.

Jan Visser se huis is puin gedompel na ‘n verwoestende brand.

Die verwoestende brande in Knysna en omgewing sowat ‘n maand gelede het ook die land se mense weer met ander oë oor hoe vinnig ‘n brand kan ontstaan en versprei laat kyk.

Dit wat oor is van Jan Visser se huis na die brand.

Wees paraat en slaan ag op die volgende:

• Installeer rook-alarms

Rook alarms is die belangrikste item in jou huis teen brandgevaar. Kenners stel voor dat jy elke ses maande die batterye in jou huis se rookmelder vervang. Indien jou rookalarms egter ouer as 10 jaar is, sal dit moontlik vervang moet word. Toets jou alarms ook gereeld, moet nie net aanvaar dat dit nog in ‘n werkende toestand is nie.

• Skryf ‘n noodplan neer

Eerstens moet jy ‘n formele noodplan neerskryf. Sit die plan op waar dit elke dag sigbaar is met stapsgewys wat om te doen as daar ‘n brand uitbreek, die bymekaar kom punt en al die nodige noodnommers. Gaan dit gereeld deur met met jou gesin veral met jong kinders en bejaardes wat gou kan vergeet en paniekerig raak in so ‘n situasie.

• Plaas tou lere op die boonste verdieping

As jy ‘n dubbel verdieping huis het, moet jy by elke venster op die boonste verdieping tou lere hê wat kan afsak in noodsituasies. Dit is nie net om te ontsnap nie, maar verskaf ook toegang vir mense wat noodtoegang nodig het soos brandweerdienspersoneel of medici.

• Belê in brandblussers

Jy moet verskeie brandblussers hê wat maklik beskikbaar is by elk van jou hoofkamers. Die belangrikste kamers waar ‘n brandblusser moet wees, is jou hoofslaapkamer, die kombuis, die badkamers en die sitkamer. Terwyl ‘n brandblusser dalk nie ‘n hele huisbrand kan blus nie, kan dit ‘n klein vuur blus voordat dit groter word, of dit kan jou help om ‘n pad na buite deur die vlamme te kry.

• Sluit deure

‘n Geslote deur kan die verspreiding van rook en vlamme na ander dele van die huis verminder. As daar vuur in jou huis is, sal dit baie langer neem om te versprei as die deure gesluit is. ‘n Enkele deur kan waarskynlik die belangrikste brandbestrydingstoerusting in jou huis wees, naas ‘n rookverklikker. ‘n Geslote deur kan die vuur op een plek vir ‘n beduidende tyd weerhou om te versprei. Wanneer jy nie kan ontsnap nie, sluit jou kamer en beweeg sover as moontlik van die brandgevaar.

• Toets deure vir hitte

Een van die belangrikste wenke om ‘n huisbrand te oorleef, is om ‘n deur vir hitte te toets voordat jy dit oopmaak. Al is daar nie ‘n vuur in die kamer waarin jy tans staan nie, kan daar in die volgende kamer ‘n brand wees sonder dat jy dit besef. Daar is twee stappe om vas te stel of daar ‘n brand agter geslote deure is: let op of rook filtreer deur krake tussen die deur en die muur of vloer. As daar nie is nie, beteken dit nie dat dit veilig is nie, dus moet jy die deur ook fisies vir hitte voel. As daar hitte van enige aard is, is dit nie veilig om die deur oop te maak nie. As daar geen hitte is nie, maak die deure versigtig oop en gaan uit. As jy nog steeds geen tekens van vuur sien nie, behoort dit veilig te wees.

• Bly laag na die grond

As jy laag op die grond bly, sal jy minder vatbaar wees vir die rook wat neig om op te slaan. Dit beteken nie dat jy op jou maag moet uitseil nie, maar jy moet ten minste op jou hande en knieë kom.

• Hou jou mond en neus bedek met ‘n nat lap of hemp.

In ‘n huisbrand is dit dikwels nie die vuur self wat jou grootste bedreiging is nie, maar eerder die rook. Baie mense sterf in brande omdat hulle te veel rook ingeasem het en nie kan uitgaan nie. Dit is hoekom dit absoluut noodsaaklik is om jou mond en neus te bedek. Gebruik jou hande as jy moet, maar ‘n veel effektiewer middel sou ‘n lap of hemp wees wat in water geweek is.

• Moenie teruggaan nadat jy ontruim het nie.

Sodra jy en jou gesin die brandende huis veilig ontruim het is dit noodsaaklik dat jy nie terug gaan nie, ongeag wat. Selfs as jy iets waardevols of ‘n ander persoon vergeet het. Laat weet die professionele mense op die toneel en laat hulle die situasie hanteer.

• Hou ‘n noodhulptas naby die uitgang

Sit ‘n paar kledingstukke saam met kontant en noodhulpvoorrade naby die uitgang sodat jy die tas net kan gryp met die uitgaan. As daar nog nie mediese personeel op die toneel is nie, het jy die nodige hulpmiddels byderhand.

Potgietersrus Versekeringsmakelaars op die dorp gee die volgende belangrike riglyne rakend branddekking:

• Bewaar belangrike dokumente en aankoopbewyse en fotos van huisraad, asook volledige inventaris weg van die perseel af en gee afskrifte vir jou makelaar of versekeraar om veilig te bewaar.

• Vir alle waardevolle juweliersware, Persiese matte en skilderye moet waardasie sertifikate by u versekeraars ingegee word, as bewys van eienaarskap.

• Maak seker geboue en huisinhoud is korrek verseker vir die vervangingswaarde.

• Sorg altyd dat veiligheidsvereistes nagekom word soos vereis deur versekeraars soos ontbossing om perseel, brandblusser en instandhouding, vonkweerder en onderhoudswerk aan skoorstene, geen elektriese drade deur grasdakke.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button