Bokkieweek reuse sukses
Die jaarlikse AVS Bokkieweek wat onlangs by Hoërskool Hans Strijdom plaas gevind
MOKOPANE – Die jaarlikse AVS Bokkieweek wat onlangs by Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong gehou is, was weereens ‘n groot sukses toe 16 unies se sportspanne teen mekaar kragte gemeet het.
Bennie Genis, President van die Verrenoord Unie, is in sy noppies met die sukses van die toernooi en sien uit na aanstaande jaar se kragmeting. “Die spangees en talent was besonders.”
Hy sê die byeenkoms het weer duisende mense van reg oor die land gelok wat die rugby, netbal, hokkie en redenaarspanne kom ondersteun het. Die Transvaal Unie het vanjaar met die Unie van die Jaar beker weggestap. Die beker word toegeken vir verskeie eienskappe en nie noodwendig volgens die wental nie.
Die top spanne is aan die einde van die week beloon met trofee.
Rugby:
• o/13 Wenners – Noord Transvaal (Noord)
• o/14 Wenners – Vrystaat
• o/16 Wenners – Noord Transvaal (Wes)
• o/19 Wenners – Oos-Transvaal
Netbal
• o/13 Wenners – Vrystaat
• o/14 Wenners – Wes-Transvaal
• o/16 Wenners – Noord Transvaal (Noord)
• o/19 Wenners – Noordoos Vrystaat
Meisieshokkie:
• o/14 Wenners – Hoëveld
• o/16 Wenners – Suidoos-Transvaal
• o/19 Wenners – Vaaldriehoek
Seunshokkie:
• o/15 Wenners – Suidoos-Transvaal
• o/19 Wenners – Suidoos-Transvaal
Redenaars
• o/13 Wenner: Ansofie van der Merwe (BCVO)
• o/16 Wenner: Anja van Zyl (Griekwas)
• o/19 Wenner: AJ Janse van Vuuren (BCVO)
Die volgende Verrenoord hokkiespelers is in die finale Bokkiespanne opgeneem:
Anneri Gravett (o/19 meisieshokkie Bokkiespan), Deané Toerien (o/19 meisieshokkie Gazellespan), Marinel Muller (o/14 meisieshokkie Duikerspan), JJ Davis (o/19 seunshokkie Bokkiespan), Stefan Prinsloo (o/19 seunshokkie Gazellespan), Dontaé Badenhorst (o/19 seunshokkie Gazellespan), Stian Steyn (o/19 seunshokkie Gazellespan) en Gerhard Botha (o/15 seunshokkie Presidentspan).
Die rugbyspelers wat gekies is:
Henco Hugo (o/13 Ds Peter Stans Uitnodigingspan), Hannes Fourie (o/13 Steenbokspan), RC Beetge (o/13 Steenbokspan), Heinrich Steffen (o/13 Steenbokspan), Estiaan Hugo (o/14 Bernard Visser Uitnodigingspan), Luca Ferreira (o/14 Bernard Visser Uitnodigingspan), Stefan Oosthuizen (o/14 Bernard Visser Uitnodigingspan), Regardt van den Berg (o/14 Duikerspan), Morné Pistorius (o/14 Duikerspan), Cristian du Preez (o/14 Duikerspan), Roy Steward (o/16 Donnie Reitz Uitnodigingspan), Jandré Lynn (o/16 Donnie Reitz Uitnodigingspan), Conrad Prinsloo (o/16 Donnie Reitz Uitnodigingspan), Juninho Patricio (o/16 Presidentspan), Endanté Venter (o/17 Bokkieweek Toerspan en Uitnodigingspan), Heinrich Schoeman (o/17 Uitnodigingspan), Ryno van Burick (o/19 Gazellespan), Keenan Brand (o/19 Gazellespan) en Franco Hendriks (o/19 Bokkieweek Toerspan).




