NewsSchools

PHS-leerders wys ware welwillendheid-gees

Elke jaar gedurende die winter moet die gr.10-leerders van Hoërskool Pietersburg wat lewensoriëentering as ‘n vak het gemeenskapswerk doen.

POLOKWANE – Die doel van dié gemeenskapswerk is om ‘n verskil in minderbevoorregte mense  se lewens te maak.

Een groep het besluit om by die inwoners van Ivydale Shelter te gaan kuier en tyd saam met die inwoners spandeer. Hulle het ook die inwoners bederf met klere. Hulle het meer as net een naweek saam met die inwoners spandeer en vertel dat dit hulle eie lewens baie verryk het.

Aluska Botes en Hanna Helberg speel met een van die Shelter se katte.

Die groep vertel dat hulle besluit het op Ivydale Shelter aangesien daar veral kinders is wat hulp nodig het.

Een van die leerders, Claudia Vonderstein vertel: “Dit was ‘n nederige ervaring en ons het dit baie geniet. Dit het ons harte bly gemaak om glimlagte op ander, veral die kinders, se gesigte te sit. Ons sal dit beslis weer doen.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button