NewsSchools

Harte loop oor van liefde vir PLS-hoof se verjaarsdag

Peet Bredenkamp, Laerskool Pietersburg (PLS) se Skoolhoof, vier Saterdag, 19 Augustus sy 61ste verjaarsdag en om dié geleentheid te herdenk het die leerders Vrydag vir hom 'n spesiale verrassing gehad.

POLOKWANE – Hulle het almal vir hom gesing tydens ‘n spesiale byeenkoms en spesiale briewe en kaartjies vir hom gegee.

“Ons by die skool bid hom alles wat mooi is toe vir die komende jaar. Ons is dankbaar vir sy leiding en raad en sy opregte vaderhart neem PLS van krag tot krag,” sê die Skakelbeampte van die skool, Charlot van den Berg.

Met trane in sy oë het Bredenkamp almal vir hul hartlike gelukwense en liefde bedank. “Ek ervaar julle liefde daagliks en dit beteken vir my meer as wat julle ooit sal kan weet,” sê hy met ‘n glimlag.

Die leiers van PLS wens hul skoolhoof, Peet Bredenkamp, geluk met sy verjaarsdag.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button