Kwaliteitdiens bly firma se eerste prioriteit
Daan Schoeman Finansiële Beplanningsadviseurs lewer reeds vir 38 jaar die beste moontlike diens aan ‘n immergroeiende kliëntebasis Die onlangse toevoeging van Vanessa Kruger tot die bestuurstruktuur ontsluit ‘n opwindende nuwe hoofstuk in die firma se bestaan. Kruger het 29 jaar ondervinding in die versekerings-, en finansiële bedryf en is ‘n reuse aanwins vir Daan Schoeman …

Daan Schoeman Finansiële Beplanningsadviseurs lewer reeds vir 38 jaar die beste moontlike diens aan ‘n immergroeiende kliëntebasis
Die onlangse toevoeging van Vanessa Kruger tot die bestuurstruktuur ontsluit ‘n opwindende nuwe hoofstuk in die firma se bestaan.
Kruger het 29 jaar ondervinding in die versekerings-, en finansiële bedryf en is ‘n reuse aanwins vir Daan Schoeman Finansiële Beplanningsadviseurs. Haar insig en innoverende idees beloof om die firma stewig in die toekoms te anker en nuwe groei te verseker.
Sy is in ‘n bestuurshoedanigheid aangestel, maar lewer ook kliëntediens. Kruger spesialiseer in lewensversekering, sakeversekering, aftreebeplanning, beleggingsbeplanning, boedels, trusts en testamente.
Uitvoerende direkteur, Daan Schoeman, het die firma in 1990 begin nadat hy sedert 1979 in die versekeringbedryf gewerk het. Tien jaar later het sy seun, DW, by hom aangesluit. Die firma beskik oor verskeie beleggingsfondse wat hul self bestuur en finansiële adviseurs hanteer kliënte se beleggings by verskeie beleggingsplatforms.
Storie en foto’s: MARKI FRANKEN
>>marki.observer@gmail.com







adviseur met 27 jaar ondervinding.








