
POLOKWANE – Alhoewel hy graag die toer sal wil meemaak is Franco nie finansieel instaat om dit te doen nie.
Om hom te help om die doelwit te bereik gaan Franco ‘n skildery wat jare gelede deur ‘n vriend aan hom geskenk is, opveil in die hoop om genoeg geld in te samel.
Die skildery wat hy wil opveil is van oud-Springbok, Joost van der Westhuizen en het baie sentimentele waarde vir Franco, omdat Joost so ‘n groot invloed op hom en sy rugbydrome as kind gehad het.
Enige iemand wat belangstel om ‘n aanbod op die skildery te maak kan Francois Coetzee by 079 927 0471 skakel of ‘n e-pos na fc39605@gmail.com stuur.
Die openingsaanbod begin by R3 000 en die sluitingsdatum vir die veiling is 23 Oktober in die hoop dat die skildery ‘n hoë genoeg prys sal behaal om Franco se droom te bewaarheid.
Lees meer oor Franco en sy rugbyloopbaan in Review Weekend




