Local NewsNews

Skrywer gebruik Woord om ‘honger mense’ te voed

‘n Geestelike ervaring het Esté Geldenhuys, die wel-bekende skrywer van Vroue van die Bybel, op die regte pad gely.

POLOKWANE – Esté het Saterdag die stad vir ‘n damesoggend besoek en Review het kort na haar praatjie ‘n geselsie kon aanknoop.

Sy het gedurende dié praatjie verduidelik dat sy haarself meer as ‘n leeraar as ‘n prediker beskou.

“Iemand sê nou die dag vir my ‘jy moet net nie vir my preek nie’ waarop ek hom toe vra wat hy as ‘preek’ beskou. Sy antwoord was dat iemand hom nie moet vertel hoe hy moet leef nie. Ek is nie daardie soort prediker nie, ek neem bloot die Woord en deel dit met mense om my. Ek sien myself meer as ‘n leeraar van die waarheid van die Woord wat ek as ontsaglik belangrik ag. Die geleentheid om die Woord te kan praat en uitdeel soos brood aan honger mense gee my onbeskryflike vreugde,” verduidelik sy.

Sy vertel verder dat sy nooit oorweeg het om as predikant of pastoor te studeer nie. “Ek is oortuig daarvan dat ons Vader my eintlik juis wou gebruik soos ek is, ‘n gewone vrou. Ek dink as ek ‘n titel gehad het sou dit verwydering tussen my en die mense met wie ek die Woord deel. Dus het ek geen akademiese agtergrond nie, ek het net die Woord waarop ek staan. Dit wys vir elke vrou met wie ek praat dat wat ek doen vir hulle ook moontlik is.”

Die titel en inspirasie van haar boek, Vroue van die Bybel, het gekom na ‘n besoek aan Polokwane. “Iemand het my eendag na die stad genooi om oor vroue in die Bybel te kom gesels. Ek was deur Lux Verbi gekontak en gevra of ek nie vir hulle ‘n boek wou skryf nie. Die vrou het gevra of ek ‘n titel vir die boek het waarop ek haar geantwoord het, Vroue van die Bybel.”

Esté vertel dat sy nie ‘n gunsteling vrou in die Bybel het nie aangesien elkeen se storie spesiaal en uniek is.

Daar was ‘n tyd in Esté se lewe toe sy vreeslik lank na iets meer gesoek het. “Vader het my opdrag gegee om vir 21 dae te vas en nadat twee van die weke verby was het daar iets in my huis tussen my en my kinders gebeur. Ek het hulp gaan soek en iemand het vir my gesê ek moet bevry word. Dié bevryding kom toe op dag 21 van my vastyd wat vir my ‘n baie diep gebeurtenis was. Na die bevryding moes ek steeds deur baie dinge gaan wat ek moes aflê, dinge uit my kinderdae wat nog ‘n houvas op my lewe gehad moes ek verwerk. Deur als het my Vader my bygestaan en dit het my geleentheid gegee om nader aan Hom en die Woord te wees.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button