SAVF kry nuwe perseel
Die Mokopane SAVF het verhuis en is nou in die kantore by die Ou-Moedergemeente in Krugerstraat gevestig.
MOKOPANE – Volgens SAVF Voorsitter Corinus Du Toit, is hulle baie opgewonde oor die nuwe perseel en deel graag dat die telefoonlyne almal Maandag weer in werking sal wees.
“Die heel eerste SAVF kantoor was destyds ook hier gevestig.” Weens die inkorting vanaf staatsweë is instansies soos die SAVF en Noodforum, wel met hulp deur middel van beperkte staatssubsidies, in privaatinstansies omskep.
SAVF Mokopane beskik oor twee welsynswerkers, Theretha Jannasch en Jela Kekana, wat ‘n enorme werkslading het en veral op gesinsprobleme fokus. Beatrice Zimidzi is die ontvangsdame. Volgens Du Toit moet die organisasie beter bestuur word en daarna vanaf ‘n besigheidsoogpunt gekyk word.
Daar word ook op ‘n deurlopende basis voedselnood verligting gedoen. Volgens Jannasch verskaf die organisasie tans vir sowat 20 mense per week voedsel. Sy vertel ook hoe Woolworths en Pick n Pay van die gereelde skenkers is.
Du Toit vra dat almal wat as vrywilligers wil help, Woensdag om 17:15 die vrywilligervergadering in die nuwe kantore moet bywoon. “Enigeen is welkom om donasies in te handig al is dit ‘n wit olifant in hul huis. Ons kan dit weer verkoop en geld vir kos insamel. Ons waardeer al die hulp en dit bring voort ‘n warm gevoel in jou hart veral wanneer gawe mense, soos vantevore, ‘n 200kg sak mieliemeel, ‘n vrag vol lemoene of selfs klere hier aanbring.” Du Toit bedank almal wat met die trek gehelp het.



