Local NewsNews

Tien verkeersbeamptes voor hof oor korrupsie, nog 11 vas

Terwyl die tien verkeersbeamptes wat verlede week vir beweerde korrupsie en omkopery deur die Limpopo Valke in die stad aangekeer is reeds in twee afsonderlik howe verskyn het, het die Valke Dinsdag met operasie Siyabangena in die Waterbergdistrik voortgegaan en ‘n verdere 11 beamptes in Mokopane op beweerde korrupsieklagte gearresteer. Limpopo Valke-woordvoerder, Matimba Maluleke kon …

Terwyl die tien verkeersbeamptes wat verlede week vir beweerde korrupsie en omkopery deur die Limpopo Valke in die stad aangekeer is reeds in twee afsonderlik howe verskyn het, het die Valke Dinsdag met operasie Siyabangena in die Waterbergdistrik voortgegaan en ‘n verdere 11 beamptes in Mokopane op beweerde korrupsieklagte gearresteer.
Limpopo Valke-woordvoerder, Matimba Maluleke kon teen druktyd nie die nuutste inligting verskaf nie.
Die beamptes, Lesetja Lekalakala (58), Enie Mofane (58), Alfred Phiri (36), Percy Hlaphi Majola (45) en Reneilwe Manamela (34) het Maandag in die Polokwane landdroshof verskyn en is elk op R1 000 borgtog vrygelaat. Hulle verskyn weer op 11 April in die hof.
Die ander vyf, Kgaogelo Gololo (41), Makgeng Alpheus Motimele (38), Hlaka Tillmine Selepe (39), Jacob Sathekge (48) en Nthabiseng Ngoepe (36) het reeds Vrydag in die Mankweng landdroshof verskyn en is ook elk op R1 000 bogtog vrygelaat om weer op 9 Maart te verskyn.
Die Polokwane verkeersdepartement is verlede Dinsdag tot stilstand gebring toe die Valke twee munisipale verkeersbeamptes ingewag het. Die ander agt is provinsiale beamptes wat elders in en om die stad gearresteer is.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button