Siedaar, Arend Dieperink Museum weer ‘n lus vir oog!
Nadat Bosveld verlede week berig het oor die vervalle museum en toegegroeide tuin het Working on Fire se span ingegryp en die gras gesny en bome gesnoei.
MOKOPANE – Die manne van Working on Fire het hulle gereedskap opgetel en aan die werk gespring by die Arend Dieperink Museum.
https://www.citizen.co.za/review-online/248622/vervalle-museum-kort-weer-regruk/
Andy Goetsch, Eienaar van Modern Service Station, het Working on Fire genader om saam sy personeel die terrein van die Arend Dieperink Museum reg te ruk.
“Ek wil my personeel en Working on Fire bedank vir hulle onbaatsugtige werk om die museum weer skoon en netjies te kry en so ons geskiedenis te bewaar.”
Matema Gwangwa, ‘n woordvoerder van Working on Fire, sê: “Ons is daar vir die gemeenskap wanneer hulle ons nodig het. As daar ontbossing gedoen moet word, dan doen ons dit en so voorkom ons moontlike vure in die droë seisoene.
“Working on Fire doen ook opleiding en voorkomming van veldbrande.”
redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za








