Nasionale Sekretaris van NKP bedank
Die Nasionale Sekretaris van die Nasionale Konserwatiewe Party van SA (NKP), Valerie Byliefeldt, het bedank.

MOKOPANE – Byliefeldt se bedanking kom skaars twee weke na sy Mokopane se partyleier, Ulrich Gelderblom, en die vroueligaleier vir Mokopane, Lizel Gelderblom, in Bosveld aan lesers bekendgestel het.
In ‘n onderhoud met Bosveld het Schalk van der Merwe, Hoofsweep van die NKP, bevestig hulle het Byliefeldt se bedanking Dinsdag ontvang. “Byliefeldt se bedanking is onmiddelik van krag en sy verteenwoordig nie meer die NKP nie.” Volgens Van der Merwe het Byliefeldt geen redes aangevoer vir haar bedanking nie. “Ek kan geen verdere kommentaar lewer nie en ons moet maar kyk hoe dinge die week uitspeel.”
Byliefeldt het aan Bosveld bevestig sy het bedank en het gesê sy sal volgende week ‘n onderhoud toestaan.
redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za




