NewsSchools

Slegs wenners by Werk en Wen se atletiek

‘n Volgepakte pawiljoen het verlede Woensdagmiddag weer bewys dat ouers van Werk en Wen Pre-primêre Skool hul spruite se aktiwiteite voorop­stel en selfs ‘n paar oupas het vol energie aan die jaarlikse atletiekbyeenkoms by Pietersburg Laerskool deelgeneem. Kleuters van die Bytjieklas het 30 m genael, terwyl die groter kleuters vir 50 m kans gesien het. …

‘n Volgepakte pawiljoen het verlede Woensdagmiddag weer bewys dat ouers van Werk en Wen Pre-primêre Skool hul spruite se aktiwiteite voorop­stel en selfs ‘n paar oupas het vol energie aan die jaarlikse atletiekbyeenkoms by Pietersburg Laerskool deelgeneem.
Kleuters van die Bytjieklas het 30 m genael, terwyl die groter kleuters vir 50 m kans gesien het.
Skoolhoof, Monica Strauss, sê 125 kleuters sowel as ‘n groep ouers, grootouers en die leiergroep van Pietersburg Laerskool het saamgehardloop.
“By Werk en Wen is almal wenners en elke kleuter wat deelgeneem het, het ‘n medalje en sertifikaat ontvang.
“Ouers en personeel het die atlete wat hulp nodig gehad het, tot by die wenpaal ondersteun en aangemoedig om hul selfvertroue te ver­sterk,” meen Strauss.

 

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Lani Schoeman geniet haarself.
Opgewonde ouers wag die atlete by die wenpaal in.
Ouers Tinus Veldman, los voor, gevolg deur Roy Fritz, Werner Greyvenstein en Gerhard Jacobs.
Janice de Bruin, Niané Duvenage, Janele Bird en Wanda Korff wys hakskene in die 50 m-wedloop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button