NewsSchools

Atlete vat hande om geld vir kleuterskool in te samel

Meer as 300 atlete van verskeie plaaslike klubs het Saterdag in ligte reën aangetree vir die jaarlikse Erica Atletiekdag wat deur Erica Pre-Primêre Skool aangebied is. Met die 3-in-1-wedloop wat by Laerskool Pietersburg-Oos gehou is, kon atlete vir die halfmarathon of 10 km inskryf terwyl die minder ernstiges aan die 5 km-pretloop kon deelneem. Terwyl …

Meer as 300 atlete van verskeie plaaslike klubs het Saterdag in ligte reën aangetree vir die jaarlikse Erica Atletiekdag wat deur Erica Pre-Primêre Skool aangebied is.
Met die 3-in-1-wedloop wat by Laerskool Pietersburg-Oos gehou is, kon atlete vir die halfmarathon of 10 km inskryf terwyl die minder ernstiges aan die 5 km-pretloop kon deelneem.
Terwyl die atlete dit op die pad uitgespook het, het die skool ook ‘n pretprogram vir ouers en leerders aangebied wat ‘n kleuteroptog, sangitems deur leerders, optrede deur die pompommies en buletjies asook platresies tussen verskillende klasse ingesluit het.
Die geleentheid is ‘n belangrike item op die skool se jaarprogram en het veral ten doel om geld vir die skool in te samel. Leerders het ook vooraf in klasverband munte ingesamel wat by die geleentheid geweeg is om die wenklas te bepaal.
Die wedloopuitslae is as volg:
Mans
21,1 km
Die ope-afdeling vir mans is gewen deur Emmanuel Ramohlale van Pietersburg Road Runners (PPR) (1:15.00) gevolg deur Hennie van Niekerk en Edward Matebula wat ook die veteraan-kategorie gewen het.
10 km
Bethuel Netshitendze was eerste in ‘n tyd van 33:33 met Gorden Sekholele tweede en Petrus Kgopa derde. Kgopa was ook die eerste meester en Nettshitendze die eerste veteraan. Grootmeester Bobby Sacco het gewys wat nog in hom steek toe hy eerste in sy kategorie oor die eindstreep is. Die junior-kategorie is deur Californet Mohale gewen.
Vroue
21,1 km
Elsabe Cronje van Run/Walk For Life was eerste oor die wenstreep in die ope- sowel as die veteraan-afdeling. Hannerie Geldenhuys was tweede gevolg deur Linda Roos. Amanda Kruger het die meestersafdeling gewen.
10 km
Joyce Netshitenzhe was eer­ste oor die wenstreep, Chané Maytham tweede en Hannelie Kruger derde. Lynn Kleingeld was die eerste vete­raan en Jeannie Owens die eerste grootmeester.

Craig Rosendorff, eienaar van PanSolutions die hoofborg, met sy kinders Aiden, Hannah en Carter voor die aanvang van die 5 km pretloop.
Craig Rosendorff (middel), eienaar van PanSolutions, die hoofborg, wens Hannelie Kruger en Shané Mytham geluk met hulle prestasie in die 10 km vir vroue.
Emmanuel Ramohlale van PRR nader die wenstreep in die 21,1 km.
PanSolutions verkoopskonsultant, Thys Venter wens Bethuel Netshitendzhe van PRR geluk met sy oorwinnng in die 10 km. Regs: Zandru Snyman het die wenpaal in die oog tydens die sakresies vir seuns.
Hennie van Niekerk from
Polokwane Athletics Club (PAC)
word deur Thys Venter van
PanSolutions geluk gewens met sy tweede plek in die
21,1 km vir mans.
Jaco Kruger fokus om met sy stootfietsie in sy baan te bly.
Ignathius Roos word ondersteun in die 20 m stootfietsresies
Leoni Dokter haal alles uit tydens die 20 m sakresies vir meisies.
Zandru Snyman het die wenpaal in die oog tydens die sakresies vir seuns.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button