Leerders van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het Vrydag hul gebruiklike uniforms vir pienk uitrustings verruil om hul solidariteit met kankerlyers te toon. Die geleentheid is deur leerkrag Natasha Fourie en die Verteenwoordigende Leerderraad (VLR) geïnisieer waartydens leerders R10 betaal het vir die voorreg om nie skoolklere te dra nie. Tommies is trots op ‘n totaal van R3 550 wat só geïn is en wat eersdaags aan Kansa Polokwane oorhandig sal word. Foto: RC Myburgh
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!