NewsSchools

PHS-perderuiters blink uit by toernooi

Perderuiters van Hoërskool Pietersburg (PHS) het tydens die onlangse BB Motorgroup Blouberg Show Jumping Cup wat by Blouberg Ryskool in Vivo aangebied is, verskeie medaljes ingepalm. Die twaalf leerders het altesaam 27 medaljes waarvan tien goud, vier silwer en 13 brons is, verower. Uitgeblinkers is Celine de Bruyn wat twee goue medaljes in 80 cm- …

Perderuiters van Hoërskool Pietersburg (PHS) het tydens die onlangse BB Motorgroup Blouberg Show Jumping Cup wat by Blouberg Ryskool in Vivo aangebied is, verskeie medaljes ingepalm.
Die twaalf leerders het altesaam 27 medaljes waarvan tien goud, vier silwer en 13 brons is, verower.
Uitgeblinkers is Celine de Bruyn wat twee goue medaljes in 80 cm- en 1 meter showjumping-afdeling gewen het, Rochelle Meyer het medaljes in vyf afdelings gewen en Keri-Leigh Wood het drie medaljes vir Western Mounted Games verower en ‘n tweede plek as algehele reserwekampioen in dié afdeling behaal.
Anell Bezuidenhout het tydens die Loskop Vallei Uithourit ‘n algehele vierde plek in die ju­nior kategorie verower terwyl haar perd as beste voorbereide perd van die dag aangewys is.

Story en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button