NewsSchools

Bosveld Intervarsity met Tommies, Pieties om die draai

Oor agt weke is dit weer tyd vir die titaniese stryd tussen Hoër Tegniese Skool Tom Naudé en Hoërskool Pietersburg (PHS) wanneer die jaarlikse Bosveld Intervarsity op 16 Junie plaasvind. Tommies, wat vanjaar gasheer speel, se beplanning is goed op dreef en sporthoof, Kobus de Meyer sê hulle onderhandel met borge om die sukses van …

Oor agt weke is dit weer tyd vir die titaniese stryd tussen Hoër Tegniese Skool Tom Naudé en Hoërskool Pietersburg (PHS) wanneer die jaarlikse Bosveld Intervarsity op 16 Junie plaasvind.
Tommies, wat vanjaar gasheer speel, se beplanning is goed op dreef en sporthoof, Kobus de Meyer sê hulle onderhandel met borge om die sukses van die groot gebeurtenis te verseker.
Die finale program is nog nie beskikbaar nie, maar daar sal weer soos vorige jare op verskeie sportgebiede meegeding word. Oud-Tommies word gevra om De Meyer by die skool te skakel indien hulle deel van die oud-Tommie rugby­span wil wees. Hy is by 015 298 8710 of 076 849 7573 beskikbaar.
PHS-skakelbeampte, Elmari Craig, sê Pieties is besig om oud-Pieties wat vir die oumannespan wil uitdraf, te nader. Hulle kan die sporthoof, Pierre Coetzee by 015 297 3201 skakel.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button