NewsSchools

Netbal- en rugbyaksie om Stigtingsdag te vier

Curro Heuwelkruin se terrein was Saterdag stampvol spelers, besoekers en ouers wat die tweede dag van Kruinies se Stigtingsdagvieringe in die vorm van ‘n sportdag ondersteun het. Kruinies se rugby- en netbalspanne het verskeie skole aangedurf en gemegde welslae behaal. Die bulletjies was eerste aan die beurt met skole soos Erica Pre-primêre Skool en Akademie …

Curro Heuwelkruin se terrein was Saterdag stampvol spelers, besoekers en ouers wat die tweede dag van Kruinies se Stigtingsdagvieringe in die vorm van ‘n sportdag ondersteun het.
Kruinies se rugby- en netbalspanne het verskeie skole aangedurf en gemegde welslae behaal.
Die bulletjies was eerste aan die beurt met skole soos Erica Pre-primêre Skool en Akademie Reformia wat teen Kruinies kragte gemeet en vir groot opwinding gesorg het. Kruinies se eerste netbalspan het al drie hulle wedstryde teen Hoërskool Warmbad, Hoër Tegniese Skool Tom Naudé en Hoërskool Nylstroom gewen terwyl gemengde welslae deur die o.17-, o.16-, o.15- en o.14-spanne behaal is.
Die laerskool se eerste netbalspan het beide hul wedstryde teen Curro Secunda en Eagle’s Nest Christian School gewen.
Op die rugbyveld het die laerskool se eerstespan Curro Secunda 27-23 geklop. Die hoërskool se eerstespan kon nie in hul voetspore volg nie en moes met 21-40 die spit teen Hoërskool Louis Trichardt afbyt.
Die dag is deur ‘n kragmeting tussen Kruinies Rugbyklub en Louis Trichardt Rugbyklub afgesluit. Sien storie elders.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Die o.8-bulletjie, FJ Klopper, soek ‘n gaping.
Kholo Teffo, o.13, kry vinnig die bal in die los­skrum.
Ofentse Maubane, eerstespan, breek deur die verdediging.
Alex Thomson van Kruinies se o.8-bulletjiespan gaan wyd om die losgemaal.
Anru Botha van Krui­nies se o.13-span hou sy opponente dop.
Reece Wynne, van die eerstespan maak korte mette van sy opponente.
Kruinies se o.13-speler, Marius Nel, laat loop met die bal.
Grant
Steynberg, o.16, gaan kuier agter die pale.
Kayla Spies, eerstespan, in spel.
Kruinies se Luke Carson, o.6, skop af.
Kayla Oosthuizen, o.13, soek ondersteuning.
Eerstespanspeler, Lizette Pretorius gee vinnig die bal uit.
Nicola Claassens, o.13, gooi na haar spanmaat.
Lauri Lottering van Kruinies se o.7-span ontvang die bal.
Kruinies se o.13-speler, Molatelo Rakabe, wag vir ondersteuning.
Eerstespanspeler, Ruané du Plessis.
Ashden Venter, eerste­spanspeler, voer die bal vinnig.
Moya Leopeng van Krui­nies se eerstespan soek hulp van spanmaats.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button