NewsSchools

Nick Mallett, Anton Swanepoel praat oor leierskap, stel boek bekend

Afrigters, skoolhoofde en spelers het verlede Woensdagaand in Hoërskool Pietersburg (PHS) se volgepakte skoolsaal die bekendstelling van bekende finansiële kenner en beplanner, Anton Swanepoel en voormalige Springbok rugby­afrigter, Nick Mallett se boek, Captains and Coaches bygewoon. Voorpos Short-Term Insurance Advisors het die sop en sjerrie-aand met die twee Suid-Afrikaanse ikone by PHS gereël waartydens die …

Afrigters, skoolhoofde en spelers het verlede Woensdagaand in Hoërskool Pietersburg (PHS) se volgepakte skoolsaal die bekendstelling van bekende finansiële kenner en beplanner, Anton Swanepoel en voormalige Springbok rugby­afrigter, Nick Mallett se boek, Captains and Coaches bygewoon.
Voorpos Short-Term Insurance Advisors het die sop en sjerrie-aand met die twee Suid-Afrikaanse ikone by PHS gereël waartydens die boek bekendgestel is. Swanepoel lewer die afgelope 18 maande insette by dié bekroonde versekeringsmaatskappy.
“Daar is ‘n groot gebrek aan leierskap in skole en jongmense verstaan nie die beginsels daarvan nie. Ek het Mallett genader om ware lewensverhale oor leierskap op die rugbyveld saam te vat, maar is op alle sportsoorte van toepassing. Rugby is slegs vir die intreeboek gekies wat op graad 11 en 12-leiers gerig is,” sê Swanepoel.
Hy het ook beklemtoon dat dit ‘n leier se eerste taak is om realiteit en diensbaarheid te definieer. “Leierskap handel oor vertroue, bevoegdheid, kommunikasie, karakter, konsekwensie en moed. Eienskappe wat ‘n leier kan afbreek is trots, arrogansie en selfsug.
Eerstespankapteine en leiers word uitgedaag om waardes op en van die veld te demonstreer.”
Mallett sê hy het by die skryf van die boek betrokke geraak omdat dit waardevolle leesstof vir afrigters en spelers is. “Daar is altyd geleenthede om meer te leer. Soortgelyke boeke sou my in my jonger dae gehelp het om ‘n beter afrigter te wees omdat ek leierskapbeginsels beter sou verstaan.”
Mallett het sy ervaring van goeie leierskap met Springbokkapteine soos John Smit, Victor Matfield, Fourie du Preez en Jean de Villiers in die boek vervat wat tans teen R200 by Swanepoel 082 453 4184 beskikbaar is. Boekwinkels sal binnekort die boek verkoop.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button