NewsSchools

Noordskool bied suksesvolle Super 8-byeenkoms aan

Die sportterrein van Laerskool Pietersburg-Noord Primary (Noordskool) en Hoërskool Pie­tersburg was verlede Vrydag en Saterdag ‘n miernes van bedrywighede toe rugby- en netbalspelers van agt skole in die provinsie aan die jaarlikse Super 8-byeenkoms deelgeneem het. Spelers van die laerskole Bergland, Bosveld, Lydenburg, Phalaborwa, Louis Trichardt, Krugerpark en Thabazimbi en hul ondersteuners het reeds Vrydagoggend …

Die sportterrein van Laerskool Pietersburg-Noord Primary (Noordskool) en Hoërskool Pie­tersburg was verlede Vrydag en Saterdag ‘n miernes van bedrywighede toe rugby- en netbalspelers van agt skole in die provinsie aan die jaarlikse Super 8-byeenkoms deelgeneem het.
Spelers van die laerskole Bergland, Bosveld, Lydenburg, Phalaborwa, Louis Trichardt, Krugerpark en Thabazimbi en hul ondersteuners het reeds Vrydagoggend by Noordskool opgedaag vir die wedstryde wat net na middagete begin het.
Die algehele wenner is Laerskool Phalaborwa, gevolg deur Noordskool en Lydenburg. Laerskool Phalaborwa het die netbal-afdeling gewen terwyl Noordskool die rugbywenner is.
Noordskool se hoof, Attie Visagie het die wenners gelukgewens en gesê dat dit ‘n besondere voorreg vir Noordskool was om die byeenkoms aan te bied. “Die ondersteu­ning van die hoofde van deel­nemende skole word hoog op prys gestel. Die personeel van Noordskool, ons ouers en die spelers het saamgewerk en elkeen se bydrae is van onskatbare waarde.”
Visagie sê die Super 8-byeenkoms het ten doel om spelers vir ligawedstryde voor te berei. “Deelnemers maak nuwe vriende en die perso­neel van die onderskeie skole bou hegte bande.”

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Letlogonolo Mojapelo, Noordskool se o.9-uitblinker, rank hoog in die lynstaan teen die span van Laerskool Lydenburg.
Rea Ramoshaba van Noordskool se eerste netbalspan op die verdediging.
Noordskool se o.9 speler, Matuma Mamabolo, laat loop pale toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button