NewsSchools

Tuksreeks – PHS se hokkie, netbal presteer, rugby stel teleur

Hoërskool Pietersburg (PHS) se hokkie- en netbalspanne het goed presteer tydens Saterdag se Tuks­reekskragmeting teen Hoërskool Transvalia van Vanderbijlpark terwyl die rugbyspanne klei teen hul opponente getrap het. Slegs die tweede rugbyspan kon met ‘n 26-20 telling daarin slaag om Transvalia ore aan te sit. Die eerstespan was flou kole teen Transvalia en moes met …

Hoërskool Pietersburg (PHS) se hokkie- en netbalspanne het goed presteer tydens Saterdag se Tuks­reekskragmeting teen Hoërskool Transvalia van Vanderbijlpark terwyl die rugbyspanne klei teen hul opponente getrap het.
Slegs die tweede rugbyspan kon met ‘n 26-20 telling daarin slaag om Transvalia ore aan te sit. Die eerstespan was flou kole teen Transvalia en moes met 17-64 stert tussen die bene die veld verlaat.
Op die netbalbaan het dit aansienlik beter gegaan en die meisies het meestal die botoon gevoer en ses van die nege wedstryde gewen.
Die eerstespan het naelskraaps met 32-30 geseëvier.
Die seunhokkiespanne was gretig om balle doelkas toe te stuur en die o.14-, o.16- en eerstespan wen elk hul wedstryd 3-0.
Die meisies was ook nie skaam om te wys waartoe hulle in staat is nie en wen ses uit agt wedstryde oortuigend. Die eerstespan seëvier met 2-0.
PHS se spanne het 16 doele aangeteken en net ses afgestaan.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Louis Nel van PHS se eerstespan is blitsig by ‘n los bal.
Francois Koekemoer
en sy opponent
wedywer om balbeheer.
Carla Craig, o.14A-netbalspan, strek vir die bal.
Odine Swanepoel, o.15A wag vir ‘n spanmaat se ondersteuning.
Bonnie Komape, o.14A, van PHS rank vir die bal.
Eerste hokkiespeler, Chené van der Merwe maak seker haar opponent kom nie by die bal nie.
Tenike van der Watt, eerstespan lig die bal oor haar opponent se stok.
Roy Stewart van PHS se eerstespan wen veld.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button