NewsSchools
Kruinies wys tande op die rugbyveld
Die o.9- en o.11-rugbyspan van Curro Heuwelkruin het verlede Dinsdag Unicorn Preparatory School van Tzaneen op hul neuse laat kyk in ligawedstryde. Volgens die skool se bemarker, Nelmari Herbst, het Kruinies se o.9-span hul opponente met 25-5 laat les opsê terwyl die o.11-span na ‘n harde wedstryd met 27-19 geseëvier het. Die o.13-span het ‘n …

Die o.9- en o.11-rugbyspan van Curro Heuwelkruin het verlede Dinsdag Unicorn Preparatory School van Tzaneen op hul neuse laat kyk in ligawedstryde.
Volgens die skool se bemarker, Nelmari Herbst, het Kruinies se o.9-span hul opponente met 25-5 laat les opsê terwyl die o.11-span na ‘n harde wedstryd met 27-19 geseëvier het. Die o.13-span het ‘n vriendskaplike wedstryd teen Kremetart Jeugklub, ‘n onafhanklike laerskoolrugbyklub, gespeel.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com




At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



