NewsSchools

Kruinies se laerskool hou opedag vir jonges

Kleuters en grondslagfase-leerders wat volgende jaar by Curro Heuwelkruin se laerskool wil inskakel is Saterdagoggend tydens die skool se opedag met kolwyntjies bederf voordat hulle na die onderskeie klasse is waar leerkragte hulle ontvang het. Kleuters het veral die uitstappie na die Kiewiete kleuterskool geniet en dadelik in die speelgoed ingevaar terwyl ander se nuuskierigheid …

Kleuters en grondslagfase-leerders wat volgende jaar by Curro Heuwelkruin se laerskool wil inskakel is Saterdagoggend tydens die skool se opedag met kolwyntjies bederf voordat hulle na die onderskeie klasse is waar leerkragte hulle ontvang het.
Kleuters het veral die uitstappie na die Kiewiete kleuterskool geniet en dadelik in die speelgoed ingevaar terwyl ander se nuuskierigheid by die boekrakke vol boeke geprikkel is.
Die opedag is vir die Kiewiete sowel as graad 1 tot 3-leerders gehou.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Zibuyile Ngubane en Abigail Phoshoko maak tuis op die mat.
Hayden de Beer geniet die reuse boublokke.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button