NewsSchools

Marné Ebersohn Akademie samel geld in vir sportgeriewe

Deelname aan sport is ‘n belangrike deel van die aktiwiteite van leerders van Marné Ebersohn Akademie en die skool se fondsinsamelingsprojek wat in April van stapel gestuur is, het ‘n stewige opbrengs van meer as R40 000 opgelewer wat aangewend gaan word om die skool se sportgeriewe te verbeter en ‘n boorgat te boor. Leerders …

Deelname aan sport is ‘n belangrike deel van die aktiwiteite van leerders van Marné Ebersohn Akademie en die skool se fondsinsamelingsprojek wat in April van stapel gestuur is, het ‘n stewige opbrengs van meer as R40 000 opgelewer wat aangewend gaan word om die skool se sportgeriewe te verbeter en ‘n boorgat te boor.
Leerders het kaartjies verkoop en die gelukkige wenner van die eerste prys het na ‘n trekking met ‘n geslagte koedoe weggestap. ‘n Geslagte blouwildebees, twee rooibokke en nog ‘n rooibok was die ander pryse en die vyfde wenner het ‘n nag se verblyf met ontbyt vir twee by ‘n oord buite die stad gewen.
Leerders wat die meeste kaartjies verkoop het, het ook pryse gewen. Die beste kaartjieverkoper was Torin Hose wat R1 000 gewen het, terwyl Michaela Partridge en Deoné Steynberg onderskeidelik R850 en R500 gewen het. Die graad 11-klas het die meeste kaartjies verkoop.

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button