NewsSchools

My ma is spesiaal

Op Sondag, 13 Mei, vier Suid-Afrikaners Moedersdag en word mammas reg oor die land bederf op verskeie maniere.

POLOKWANE – Review het met gr. 3-leerders by Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) gesels oor wat hulle mammas spesiaal maak en wat hulle vir Moedersdag beplan.

Sherize Myburgh: My mamma se naam is Therise en sy is baie oulik. Sy doen baie goed vir ons soos om vir ons goed te koop op ons verjaarsdae. Ek geniet dit as ek saam met haar kan bad, dit is vir my baie spesiaal. Ons gaan haar op Moedersdag verras met ontbyt in die bed.
Jamie-Lee Scott: My mamma se naam is Karen en sy beteken die wêreld vir my. Sy maak vir my lekker kos en pas ons op. Ons gaan vir haar ontbyt maak en lekkernye koop.
Mariozelle Els: My mamma se naam is Monique en sy is altyd vriendelik met ons. Sy is lief vir ons en ons gaan vir haar ‘n kaartjie gee wat ons gemaak het.
Juané Smit: My mamma se naam is Marietjie en sy gee vir my baie liefde. Sy help my met my huiswerk. Ons bak saam koeke en hou graag piekniek. Ek het ‘n groot verrassing vir mamma vir Sondag.
Pieter Botha: My mamma se naam is Androë en sy is spesiaal, want as sy in die aande by die huis kom, maak sy seker ons is veilig. Sy wil altyd hê ons moet veilig wees en sy bederf ons. Sy maak seker elkeen van ons kinders kry ‘n beurt om alleen saam met haar ‘n melkskommel te gaan drink. Soms kan ons saam met haar in die bed lê en net lekker gesels. Ek het ‘n geskenk vir haar gemaak.
Logan da Silva: My mamma is Chantelle en sy is baie mooi. Sy is nooit kwaai met my nie en sy help my baie. Sy maak my vroeg in die oggend wakker as ek vra en dan kyk ons saam snaakse videos, of sy koop vir my koeldrank by die winkel. Ons speel soms speletjies saam en kyk televisie.
Hailey Newham: My mamma se naam is Mignon en sy is spesiaal, want sy pak altyd my klere reg en sorg dat ek genoeg kos kry. Ons kyk graag flieks saam.
Ek gaan Sonag vir haar rose pluk en ‘n hartjie lekker gee. En ons maak Moedersdagkaartjies vir haar.
Connor Jacobusen: My mamma se naam is Christinè en sy is baie mooi. Haar hare is ook baie mooi. Ons speel saam kaart en ek maak partykeer saam met haar kos. Sondag gaan ek vir haar blomme en ‘n groot geskenk koop.
Willem Ras: My mamma se naam is Judith en sy is spesiaal, want sy help my baie met my huiswerk en as ek sukkel met wiskunde. Sy help my ook met oefening vir my oë. As ons saam is speel ons graag bordspeletjies soos Monopoly. Ons gaan Sondag vir haar wakker maak met soene en drukkies en ‘n lekker koppie rooibostee.
Joshua Woortmeyer: My mamma is Rentia en sy is vriendelik en laat my altyd lag. Sy sorg dat ek ‘n dak oor my kop het, ‘n sagte bed en kos om te eet. Ons kyk graag saam flieks en Sondag gaan ek vir haar ‘n sjokolade en ‘n geskenk gee.
Gdeon Manders: My mamma se naam is Natasha en sy is altyd gewillig om ons te help. Sy is altyd daar vir ons as ons in die moeilikheid is. Wanneer ek en sy alleen tyd het, neem ons flieks uit. Ek het ‘n groot verrassing vir haar beplan vir Sondag.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button