NewsSchools

Koekverkoping om Piet Hugo se geldkoffers te styf

Die tafels het Vrydag tydens Laerskool Piet Hugo se graad 2-koekverkoping onder al die lekkernye gekreun wat van die hand gesit is. Nie net lekkergoed, springmielies, oliebolle en kolwyntjies was te koop nie, maar kon leerders ook hul magies met vars pasteie, stokworsies en pizzas vul. Graad 2-graadhoof, Leandra Horn, sê elke graad kry kwartaalliks …

Die tafels het Vrydag tydens Laerskool Piet Hugo se graad 2-koekverkoping onder al die lekkernye gekreun wat van die hand gesit is.
Nie net lekkergoed, springmielies, oliebolle en kolwyntjies was te koop nie, maar kon leerders ook hul magies met vars pasteie, stokworsies en pizzas vul.
Graad 2-graadhoof, Leandra Horn, sê elke graad kry kwartaalliks ‘n beurt om ‘n koekverko­ping te hou om geld vir die skool in te samel. “Die produkte word meestal deur ouers en besighede geskenk of ons koop dit teen baie billike pryse aan en herverkoop dit. Die ingesamelde geld word op verskeie maniere weer in die skool terug­geploeg,” sê Horn.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Moeilik om te van die groot verskeidenheid te kies.
Chiketa Marincoqitz, Mary-Ann Robey, Franco Jacobs, Lehandri Jacobs, Charlize Stevens en Jean-Marie Wiggel met hul aankope.
JD Engelbrecht help homself met stokworsies.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button