NewsSchools
Kolskote vir Pieties se boogskietspan
Hoërskool Pietersburg (PHS) se boogskietspanne het besonder goed gevaar tydens die onlangse African Bowhunting Organisation (ABO) Triple Crown se finale ronde van die skoleliga wat in Bronkhorstspruit gehou is. Die eerstespanlede, Jean-Mari Mostert, Bernard Mentz en Phil Fourie se uitstekende telling van 590 punte was goed genoeg vir ‘n goue medalje en tweedespanlede, Zander de …

Hoërskool Pietersburg (PHS) se boogskietspanne het besonder goed gevaar tydens die onlangse African Bowhunting Organisation (ABO) Triple Crown se finale ronde van die skoleliga wat in Bronkhorstspruit gehou is.
Die eerstespanlede, Jean-Mari Mostert, Bernard Mentz en Phil Fourie se uitstekende telling van 590 punte was goed genoeg vir ‘n goue medalje en tweedespanlede, Zander de Jager, Robert O’Reilly en Dylan Fletcher het ‘n algehele bronsmedalje gewen.
Phil en Jean-Mari het individuele goue toekennings behaal terwyl Robert ‘n individuele silwer toekenning verwerf het.
Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



