Kruinies se rugby-, netbalspanne kook teen Stanford Lake College
Groot opwinding het die naweek op Curro Heuwelkruin se sportterrein tydens die kragmeting teen Stanford Lake College (SLC) geheers. Kruinies het op die netbalbaan en rugbyveld geen genade teenoor hul opponente getoon nie. Al die netbalspanne het geseëvier met die eerstespan wat met 23-17 die oorhand gehad het. Op die rugbyveld was die Kruinies onstuitbaar …
Groot opwinding het die naweek op Curro Heuwelkruin se sportterrein tydens die kragmeting teen Stanford Lake College (SLC) geheers. Kruinies het op die netbalbaan en rugbyveld geen genade teenoor hul opponente getoon nie. Al die netbalspanne het geseëvier met die eerstespan wat met 23-17 die oorhand gehad het.
Op die rugbyveld was die Kruinies onstuitbaar en die o.14-span het SLC met 79-0 in die grond geboor. Die o.16-span het met 36-21 geseëvier. Die eerstespan se uitmuntende vertoning op die veld het vir hulle ‘n wegholsege van 96-15 verseker.
Die hokkiespanne het mekaar Vrydag gepak en Kruinies se meisie- en seunspanne is bloednuus op hul astrobaan geslaan en slegs die eerste meisiespan kon daarin slaag om met een doel elk gelykop te eindig.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com










