NewsSchools

Oosskool verras hoof op sy verjaardag

Gideon Pelzer, hoof van Laerskool Pietersburg-Oos is Vrydag met se 42ste verjaardag aangenaam verras toe personeel en leerders vir hom ‘n partytjie op die sportterrein gehou het. Hy het ‘n verskeidenheid geskenke, insluitend ‘n polshorlosie, ketelbraaier en handgeskrewe briewe van gelukwensing van die leerders ontvang. Hy en sy vrou, Ingrid, het ook aan ‘n spesiale …

Gideon Pelzer, hoof van Laerskool Pietersburg-Oos is Vrydag met se 42ste verjaardag aangenaam verras toe personeel en leerders vir hom ‘n partytjie op die sportterrein gehou het.
Hy het ‘n verskeidenheid geskenke, insluitend ‘n polshorlosie, ketelbraaier en handgeskrewe briewe van gelukwensing van die leerders ontvang. Hy en sy vrou, Ingrid, het ook aan ‘n spesiale motorfietsrit op die terrein deelgeneem wat deur ‘n plaaslike motoffiets­klub en die skool gereël is.
Michelle van der Westhuizen, leerkrag sê die besluit om Pelzer te bederf is geneem omdat hy so baie vir die skool en leerders beteken. “Ons kon skaars aan ‘n beter manier dink om hom vir sy harde werk en toewyding te bedank. Leerders het ook met oorgawe vir hom briefies met gelukwense geskryf en te sê hoekom hulle dink dat hy ‘n goeie hoof is,” sê sy.
Die spesiale gebaar het Pelzer oorweldig en hy het sy dank teenoor elkeen wat aan die reëlings en vieringe meegedoen het uitgespreek. “Dit was onverwags, baie spesiaal en hartverwarmend.”
Hy het gesê as hy homself iets kan toewens vir sy verjaardag sal dit goeie gesondheid en uitstekende resultate vir die skool wees.

Storie en foto’s: Herbert Rachuene
>>herbert.observer@gmail.com

Ruben Weyer, hoofseun en Izelna Ven­ter, hoofmeisie van Laerskool Pieters­burg-Oos oorhandig ‘n verjaardaggesenk aan skoolhoof, Gideon Pelzer.
Gideon Pelzer speel passasier vir plaaslike motorfiets­ryer, Hendrik Blignaut wat hom op ‘n plessierrit geneem het.
Skoolhoof Gideon Pelser ontvang die briewe wat leerder aan hom geskryf het van Michelle van der Westhuizen.
Gideon Pelzer, skoolhoof, en sy vrou Ingrid tydens die verassingspartyjie op die sportterrein.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button