NewsSchools
PHS-nebalspanne wys Kruinies wie is baas
Curro Heuwelkruin se netbalspanne het swaar onder Hoërskool Pietersburg (PHS) se aanval tydens die onlangse ligawedstryde gebuk gegaan. Pieties het elke wedstryd oorheers en die Kruinies min geleentheid by die doelpaal gegee. PHS se o.14A- en o.15A-span wen 37-1 en 23-12 onderskeidelik met die o.17A-span wat met ‘n wegholsege van 45-6 seëvier. Die eerstespanne het …
Curro Heuwelkruin se netbalspanne het swaar onder Hoërskool Pietersburg (PHS) se aanval tydens die onlangse ligawedstryde gebuk gegaan. Pieties het elke wedstryd oorheers en die Kruinies min geleentheid by die doelpaal gegee. PHS se o.14A- en o.15A-span wen 37-1 en 23-12 onderskeidelik met die o.17A-span wat met ‘n wegholsege van 45-6 seëvier.
Die eerstespanne het mekaar ‘n harde tyd op die baan gegee, maar Pieties was sterker en het ‘n 21-18-sege behaal.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



