NewsSchools

Pieties onoorwonne op netbalbaan, hokkieveld

Die wintersportseisoen is goed op dreef en skole regoor die stad sorg weekliks vir groot opwinding wanneer daar tydens vanjaar se ligawedstryde meegeding word. Hoërskool Pietersburg het onlangs korte mette van Hoërskool Merensky op die hokkieveld en Mitchell House op die netbaalbaan gemaak deur al hul wedstryde te wen. Merensky se seunhokkiespanne kon in totaal …

Die wintersportseisoen is goed op dreef en skole regoor die stad sorg weekliks vir groot opwinding wanneer daar tydens vanjaar se ligawedstryde meegeding word.
Hoërskool Pietersburg het onlangs korte mette van Hoërskool Merensky op die hokkieveld en Mitchell House op die netbaalbaan gemaak deur al hul wedstryde te wen. Merensky se seunhokkiespanne kon in totaal slegs twee doele teen PHS se nege aanteken.
PHS se netbalmeisies het Mitchell House ‘n goeie loesing gegee. Alle spanne het met wegholseges geseëvier.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Foto’s: ENDY SENYATSI
>>endy@observer.co.za

Eerstespanspelers, Louis Nel van PHS en Talon Griffiths spook om besit.
PHS se eerstespanspeler, Antonette Alber­tyn, en haar opponent meet mekaar.
Yvette Louw en Natasha Magidi van PHS en Mitchell House se eerstespan gun mekaar geen kans nie.
Merensky se tweedespanspeler, Jacques Mölller, probeer die bal van PHS se Glen Bezuidenhout afneem.
Wian Retters van PHS se tweedespan op Kieran Möller van Merensky se hakke.
Edward-Hugo Conrade, o.14 van PHS speel die bal wyd terwyl Donovan Ikel van Merensky verdedig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button