BusinessNews

Suidskool baat by borgskap

Die Pietersburg Laerskool (PLS) Onderteuners­klub het Maandag ‘n welkome skenking van R20 000 van PanSolutions Polokwane ontvang. Martin Kröh, sportkoördineerder van PLS sê die geld gaan gebruik word om die skool se jaarlikse gholfdag te organiseer. “Ons is PanSolutions baie dank verskuldig,” sê Kröh en verduidelik dat die gholfdag ‘n jaarlikse instelling is wat die skool …

Die Pietersburg Laerskool (PLS) Onderteuners­klub het Maandag ‘n welkome skenking van R20 000 van PanSolutions Polokwane ontvang.
Martin Kröh, sportkoördineerder van PLS sê die geld gaan gebruik word om die skool se jaarlikse gholfdag te organiseer. “Ons is PanSolutions baie dank verskuldig,” sê Kröh en verduidelik dat die gholfdag ‘n jaarlikse instelling is wat die skool in staat stel om fondse in te samel ten einde behoeftige leerders te help.
“Ons sien uit na ‘n heerlike gholfdag. Verlede jaar het 126 spelers ingeskryf en ons hoop om vanjaar 140 te lok,” sê hy.
Tienie Janse van Rensburg, verkoopskonsultant by PanSolutions Polowane, sê hulle is dankbaar vir die geleentheid om die skool en veral minder­bevoorregte leerders op die wyse by te staan. Die gholfdag word beplan vir 25 Augustus by die gholfbaan van Protea Hotel Ranch Resort.

Storie en foto: Herbert Rachuene
>>herbert.observer@gmail.com

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button