POLOKWANE – Joshua Venter het op 25 Mei aan die Limpopo Artistic Program in Louis Trichardt gaan deelneem. Gimnaste van verskeie ouderdomsgroepe het in dié kompetisie deelgeneem en Joshua het in die sewe tot agt jaar ouderdomsgroep deelgeneem en silwer verwerf.

Liza Calabria en Alexis Strydom het ook by ‘n onlangse akrobaat danseksamen uitgeblink. Beide het tussen 90% en 100% behaal.

Hulle het ook verlede maand aan ‘n akrobaatkampioenskap in Brits gaan deelneem waar Liza provinsialekleure verwerf asook ‘n eerste plek verower het. Alexis het ‘n tweede plek ingepalm tydens dié kompetisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



