Groot opskop, vermaak by fees
Besoekers aan Grounded Container Bar & Café het tydens Saterdag se Craft Drink Festival die geleentheid gehad om nie net aan verskeie alkoholiese drankies soos bier en likeurs te proe nie, maar om gesellig onder die bome op grasbale te verkeer en na kunstenaars Jan Blohm, Sweet November en Vegabond King te luister. Die perseel …

Besoekers aan Grounded Container Bar & Café het tydens Saterdag se Craft Drink Festival die geleentheid gehad om nie net aan verskeie alkoholiese drankies soos bier en likeurs te proe nie, maar om gesellig onder die bome op grasbale te verkeer en na kunstenaars Jan Blohm, Sweet November en Vegabond King te luister.
Die perseel op die N1-Noord net buite die stad was vroeg reeds bedrywig met besoekers wat tussen die stalletjies rondbeweeg het om aan drankies van onder andere Zwakala, Qualitos, The Bedrock Brewing Co en Rhino Beetle Dynastinae Gin te proe en genoeg voorraad aan te skaf.
Kosstalletjies het ‘n verskeidenheid eetgoed gebied om die honger mae te vul.
Die jongklomp kon hul op die springkasteel of -mat besig hou, gesigte laat verf of per donkiekar na die Plaaswerf vervoer word waar hulle meer oor plaasdiere geleer het terwyl ouers hulle in die biertuin geniet het.
Daar is tot laataand opgeskop tydens die onderskeie kunstenaars se vertonings wat vir ‘n gesellige atmosfeer onder die bosveldsterre gesorg het.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com











