Osies netbalspanne oortref alle spanne in die provinsie
Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se o.11, o.12 en o.13 netbalspanne het onlangs skoonskip in Limpopo gemaak en is provinsiale wenners nadat hulle in die proses teen agt skole kragte gemeet het. Die o.12 en o.13 spanne sal nou aan die Suid-Afrikaanse Skole Netbaltoernooi wat op 27 en 28 Julie in Bloemfontein plaasvind, deelneem. Netbalorganiseerder en afrigter, …

Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se o.11, o.12 en o.13 netbalspanne het onlangs skoonskip in Limpopo gemaak en is provinsiale wenners nadat hulle in die proses teen agt skole kragte gemeet het.
Die o.12 en o.13 spanne sal nou aan die Suid-Afrikaanse Skole Netbaltoernooi wat op 27 en 28 Julie in Bloemfontein plaasvind, deelneem.
Netbalorganiseerder en afrigter, Ingrid Pelzer, sê dit is die eerste keer in Oosskool se geskiedenis dat beide spanne na die nasionale toernooi deurdring.
“Al drie spanne wat as Limpopowenners aangewys het, het net die beste netbal regdeur die toernooi gelewer en ons is baie trots op hulle.”
Storie en fotos: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za


Lerize van Rhyn, Louise Strydom en
Veronique van den Bank.



