Hordes besoekers stroom na tradisieryke geleentheid
Tussen 2 800 en 3 000 besoekers het Saterdag na Hoër Tegniese Skool Tom Naudé gestroom waar die Bosveld Intervarsity 2018 aangebied is. Die feit dat daar nie plek vir ‘n muis op Tommies se hoofpawiljoen tydens die hoogtepunt van die dag toe Hoërskool Pietersburg (PHS) en Tommies se eerstespanne mekaar die stryd aangesê het, …

Tussen 2 800 en 3 000 besoekers het Saterdag na Hoër Tegniese Skool Tom Naudé gestroom waar die Bosveld Intervarsity 2018 aangebied is.
Die feit dat daar nie plek vir ‘n muis op Tommies se hoofpawiljoen tydens die hoogtepunt van die dag toe Hoërskool Pietersburg (PHS) en Tommies se eerstespanne mekaar die stryd aangesê het, was nie getuig van ‘n tradisie wat weer vir die derde agtereenvolgende jaar in sy volle glorie herleef.
“Ons in baie tevrede met die opkoms en gesindheid van besoekers aan die Bosveld Intervarsity en het net goeie terugvoering ontvang. Dit was aangenaam om te sien in watter goeie gees al die spanne deelgeneem het. Ons het geweet die eerste rugbyspan gaan swaarkry onder die Pieties, maar is trots op die o.14- en o.16-span wat uitstekende rugby in oorwinnings omgeskakel het,” sê Tommiehoof, Piet Holtzhausen.
Tommies is ook trots op hul sokkerspan wat daarin geslaag het om Pieties 4-3 te laat les opsê. Op ander gebiede was PHS die sterker skool wat met die louere in gholf, rolbal, jukskei, boogskiet en skaak weggestap het.
Holtzhausen is optimisties oor die toekoms van die tradisie en glo Bosveld Intervarsity sal jaarliks op almal se lippe wees.
Hy het borge en elke persoon wat tot die suksesvolle geleentheid bygedra het, bedank.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

‘n goeie hou op die gholfbaan.









Kobus de Meyer, baan
sy weg doellyn toe.



