NewsSchools

Osies o.10-, o.11-rugbyspanne Limpopowenners

Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se o.10- en o.11-rugbyspanne het die naweek in Bela-Bela as die Limpopowenners van die Limpopo Skoleliga uitgetree terwyl hul o.9-rugbyspan naaswenners is. Die o.11-span het 26-17 teen Laerskool Pietersburg-Noord Primary gewen terwyl die o.10-span Laerskool Tzaneen met 24-10 kafgedraf het. Die o.9-span het hul rieme met 5-17 teen Laerskool Tzaneen styfgeloop. Skoolhoof, …

Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se o.10- en o.11-rugbyspanne het die naweek in Bela-Bela as die Limpopowenners van die Limpopo Skoleliga uitgetree terwyl hul o.9-rugbyspan naaswenners is.
Die o.11-span het 26-17 teen Laerskool Pietersburg-Noord Primary gewen terwyl die o.10-span Laerskool Tzaneen met 24-10 kafgedraf het. Die o.9-span het hul rieme met 5-17 teen Laerskool Tzaneen styfgeloop.
Skoolhoof, Gideon Pelzer, wat saam met Zander Human die o.10-span afgerig het, het gesê hy is baie trots op die drie spanne en sien uit daarna om deel van hulle rugbyontwikkeling te wees.

Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Oosskool se o.11-rugbyspan is trotse Limpopowenners.
Oosskool se o.9-rugbyspan is die provinsie se beste span. Afrigters, Amie Smit en Hennie Lourens staan agter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button