NewsSchools

Sonja en Tjokker besoek Suidskool

Boeliegedrag, higiëne, mededeelsaamheid en besoedeling was deel van bekende Afrikaanse sanger, Sonja Herholdt en die karakter, Tjokker, se program tydens Vrydag se besoek aan Pietersburg Laerskool. Graad R- tot 4-leerders het in die saal bymekaar gekom om na dié geliefde Suid-Afrikaanse sanger en haar hond te luister. Die skool se skakelbeampte, Charlotte van den Berg, …

Boeliegedrag, higiëne, mededeelsaamheid en besoedeling was deel van bekende Afrikaanse sanger, Sonja Herholdt en die karakter, Tjokker, se program tydens Vrydag se besoek aan Pietersburg Laerskool.
Graad R- tot 4-leerders het in die saal bymekaar gekom om na dié geliefde Suid-Afrikaanse sanger en haar hond te luister.
Die skool se skakelbeampte, Charlotte van den Berg, sê Sonja en Tjokker se program hou met lewensoriëntering verband en raak verskillende aspekte van dié kurrikulum aan. Leerders is gaande oor die interaktiewe mu­siekprogram en kom nie eers agter dat hulle leer nie meen Van den Berg.
Sy sê daar is spesifiek klem op boelies by die skool en hoe om dit te hanteer, persoonlike higiëne, mededeelsaamheid, hulpvaardigheid en lug-, grond- en waterbesoedeling gelê.
Die laaste tema op Sonja en Tjokker se program, almal – mens en dier – is spesiaal in God se oë is uitstekend deur hulle vertolk.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button