NewsSchools

PLS groet getroue werker na 36 jaar

Na 36 jaar se diens neem Betty Chauke afskeid van Laerskool Pietersburg (PLS) met 'n swaar hart.

POLOKWANE – Haar jare van diens by dié skool as skoonmaker en sorg dat onderwysers ‘n lafenis in die vorm van tee of koffie het, het gemaak dat sy diep spore nalaat.

Annelie Vertongen, Carina van Niekerk en Koos de Kock is van die personeel wat die langste saam met Betty Chauke by PLS gewerk het.

Betty se liefde vir mense en die skool waar sy jare gewerk het, sal haar altyd bybly.

Die skool, personeel en leerders het ‘n spesiale afskeidsfunksie vir haar op Vrydag, 22 Junie in die skoolkantoor gehou om vir haar dankie te sê vir haar vriendelikheid en getroue diens.

Personeel van PLS neem afskeid van Betty Chauke met ‘n laaste saam eet ek drink in die skoolkantoor op Vrydag, 22 Junie.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button