BusinessNews

Wilsie Oosthuizen groet Polokwane, word Kapenaar

Bekende in die stad se eiendomskringe, Wilsie Oosthuizen, verruil Polokwane binnekort vir George in die Wes-Kaap. Hy het Remax Northland in 2012 met drie verkoops- en twee verhu­ringsagente begin en die besigheid binne vyf jaar tot ‘n gerekende rolspeler in die plaaslike bedryf met 37 verkoops- en drie verhuringsagente uitgebrei. Oosthuizen sluit aan by Property …

Bekende in die stad se eiendomskringe, Wilsie Oosthuizen, verruil Polokwane binnekort vir George in die Wes-Kaap.
Hy het Remax Northland in 2012 met drie verkoops- en twee verhu­ringsagente begin en die besigheid binne vyf jaar tot ‘n gerekende rolspeler in die plaaslike bedryf met 37 verkoops- en drie verhuringsagente uitgebrei.
Oosthuizen sluit aan by Property Connect, wat sy pa en voormalige eiendomsagent in Polokwane, Manie, bedryf. Sy kinders, Kaydi (graad 4) en Logan (graad 3) vergesel hom.
“My kollegas het vir my soos familie geword en dit is hartseer om te gaan, maar ek het egter ‘n wonderlike geleentheid met groot uitdagings gekry en kon dit nie laat verbygaan nie,” meen hy.
Dit het hom groot vreugde verskaf om te sien hoe mense wat by Remax werk hulle talente kon ontwikkel en hul drome om iets te besit, hetsy dit ‘n eiendom of voertuig was, te kon verwesenlik.
Sy raad aan jong agente is om gefokus te bly en hulself met kennis en kliëntediens te bly bemark.
“Ek is baie dankbaar vir die ondersteuning en lojaliteit van gevestigde kliënte, plaaslike prokureurs, finansiële instellings en verbandmakelaars wat tot my besigheidsukses bygedra het.”

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button