NewsSchools

Hokkiepret in vakansie terwyl tegnieke ingeoefen word

Entoesiastiese laerskoolhokkiespelers van Polokwane en omliggende dorpe het Donderdag en Vrydag ‘n hokkiekursus in die stad met die tema, Hooked on Hockey, bygewoon. Sewe hulpafrigters onder leiding van die ervare afrigter, Ina van der Merwe, het die kursus op Hoërskool Pietersburg se Astrobaan aangebied. Hokkiespelers van Pietersburg Laerskool (Suidskool), Akademie Reformia, Laerskool Duiwelskloof en die …

Entoesiastiese laerskoolhokkiespelers van Polokwane en omliggende dorpe het Donderdag en Vrydag ‘n hokkiekursus in die stad met die tema, Hooked on Hockey, bygewoon.
Sewe hulpafrigters onder leiding van die ervare afrigter, Ina van der Merwe, het die kursus op Hoërskool Pietersburg se Astrobaan aangebied. Hokkiespelers van Pietersburg Laerskool (Suidskool), Akademie Reformia, Laerskool Duiwelskloof en die CVO Skool in Vivo is deur sewe spanne met visname verteenwoordig wat op ‘n rotasiebasis tegnieke, balvaardighede en spelpatrone aangeleer het wat deur wedstryde opgevolg is.
Die Tunaspan is as die span met die beste kreet aangewys.

Storie en foto’s: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Dié begeesterde o.11 B-span (Tunas) van Suidskool het die spankreet gewen. Agter is die organiseerder en hoofafrigter, Ina van der Merwe, en hulpafrigters, Charné Visser, Susan van den Bergh en Jenene du Preez.
Wianka Jacobs en Letabo Maakamedi oefen ‘n verdedigingspatroon in.
Anika du Toit doen Vrydag doelskietoefeninge tydens die hokkiekursus.
Hancu Moolman doen ‘stick tapping’.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button