Skole spook sake uit tydens golfinterhoër
Ses hoërskole se 44 gholfspelers het mekaar Vrydag by Polokwane Gholfklub gepak om sake in die interhoërbyeenkoms uit te spook. Benewens Hoërskool Pietersburg (PHS), wat as gasheerskool opgetree het, het spelers van Stanford Lake College, Curro Heuwelkruin en die hoërskole Ben Vorster, Louis Trichardt en Frans du Toit kragte gemeet. PHS-gholforganiseerder, Lynn-Marié Combrink sê spelers …

Ses hoërskole se 44 gholfspelers het mekaar Vrydag by Polokwane Gholfklub gepak om sake in die interhoërbyeenkoms uit te spook.
Benewens Hoërskool Pietersburg (PHS), wat as gasheerskool opgetree het, het spelers van Stanford Lake College, Curro Heuwelkruin en die hoërskole Ben Vorster, Louis Trichardt en Frans du Toit kragte gemeet.
PHS-gholforganiseerder, Lynn-Marié Combrink sê spelers het in A-, B- en C-liga meegeding met die A-liga wat in spanformaat en die B- en C-liga wat in individuele formaat gespeel is.
“Die gholfinterhoër bied ‘n platform vir leerders om hul gholfvernuf op te skerp. Kompeterende sport is goed vir leerders om fisies te ontwikkel en hul breinkrag te bevorder,” sê sy.
PHS het in die A-liga koning gekraai en die tweede plek vir Ben Vorster oopgelos. Kruinies was eerste in die B-liga met PHS tweede en Louis Trichardt derde. Die C-liga is deur Stanford Lake College gewen terwyl PHS en Louis Trichardt onderskeidelik tweede en derde geëindig het.
Skole se gholfafrigters het vir die pret meegeding.
Storie en foto’s: ENDY SENYATSI
>>endy@observer.co.za







