Voornemende ouers leer skool beter ken
Suikerbekkie Kleuterskool het Saterdag ‘n opedag vir voornemende ouers en leerders van die skool aangebied. Besoekers kon ontbyt geniet en daarna stalletjies waar plaaslike verskaffers hul dienste en ware, insluitend opvoedkundige speelgoed, kleutersport en buitemuurse aktiwiteite bemark het, besoek. Rolien Nortjé, skoolhoof, sê dit was hul eerste opedag met die doel om belangstellende ouers aan …

Suikerbekkie Kleuterskool het Saterdag ‘n opedag vir voornemende ouers en leerders van die skool aangebied. Besoekers kon ontbyt geniet en daarna stalletjies waar plaaslike verskaffers hul dienste en ware, insluitend opvoedkundige speelgoed, kleutersport en buitemuurse aktiwiteite bemark het, besoek.
Rolien Nortjé, skoolhoof, sê dit was hul eerste opedag met die doel om belangstellende ouers aan die skool se fasiliteite, programme en buitemuurse aktiwiteite soos musiek, gimnastiek en rekenaarklasse bekend te stel.
“Ons tema, waarvolgens opvoeders die leerders onderrig en aan verskeie leergeleenthede blootstel, verander weekliks. Die leerders, van een tot vyf jaar oud, kry maaltye en gesonde versnaperinge om te verseker dat hulle kan konsentreer en aktief deelneem,” sê Nortjé.
Die skool se onderrigmedium is Afrikaans, maar talle personeellede is ook ander tale magtig en help leerders om Afrikaans te praat.
“Ouers sal nie teleurgestel word indien hulle hul kinders by ons inskryf nie,” sê sy.
Storie en foto’s: ENDY SENYATSI
>>endy@observer.co.za






