Jukskei opedag goeie oefening vir komende skoleliga
Tientalle spelers van regoor die provinsie het Saterdag by die plaaslike jukskeibane aan Pietersburg Jukskeiklub se opedag deelgeneem. Nie net beginners kon die kans aangryp om die spel beter te leer ken nie, maar dit het ook vir leerders as finale oefensessie gedien voordat hulle Saterdag aan die jaarlikse skoleliga deelneem. Spelers het in drie …

Tientalle spelers van regoor die provinsie het Saterdag by die plaaslike jukskeibane aan Pietersburg Jukskeiklub se opedag deelgeneem.
Nie net beginners kon die kans aangryp om die spel beter te leer ken nie, maar dit het ook vir leerders as finale oefensessie gedien voordat hulle Saterdag aan die jaarlikse skoleliga deelneem.
Spelers het in drie afdelings meegeding en Nylstroom Jukskeiklub het die A-afdeling gewen met Pietersburg en Tarentale Jukskeiklub (Mokopane) wat die tweede en derde plek ingepalm het.
In die B-afdeling was Tarentale eerste en Pietersburg naaswenners terwyl die Laerskool Warmbad die C-afdeling oorheers het gevolg deur Pietersburg en die span van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé in die derde plek.
Storie en fotos: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com






