NewsSchools
Kruinies-hokkiespanne deur na Noordvaal-finaal
Na afloop van harde hokkiewedstryde in die Noordvaal-semifinaal in afdeling 3 wat die naweek gespeel is, het Curro Heuwelkruin se o.16- en eerstehokkiemeisies na die finaal deurgedring wat Saterdag plaasvind. Die eerstespan het 3-0 teen Hoërskool Balfour in hul wegwedstryd gewen en pak Saterdag Hendrina Gekombineerde Skool, ook in ‘n wegwedstryd, in die finaal. Die …

Na afloop van harde hokkiewedstryde in die Noordvaal-semifinaal in afdeling 3 wat die naweek gespeel is, het Curro Heuwelkruin se o.16- en eerstehokkiemeisies na die finaal
deurgedring wat Saterdag plaasvind.
Die eerstespan het 3-0 teen Hoërskool Balfour in hul wegwedstryd gewen en pak Saterdag Hendrina Gekombineerde Skool, ook in ‘n wegwedstryd, in die finaal.
Die o.16-span het hard op eie bodem baklei en die voordeel van hul eie voorstoep het vir hulle een doel teenoor Hoërskool Carltonville se nul besorg.
Die span speel Saterdag ‘n wegwedstryd teen Curro Roodeplaat.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



