POLOKWANE – Die spelers van beide die seuns- en meisiespanne oefen getrou elke middag by die skool se nette wat ook nuut oorgedoen is om seker te maak die spelers kan volhard hul bes gee.
PHS se eerstespan het ook op Woensdag, 1 Augustus hul nuwe klere ontvang van die borg Franco Marx Attorneys en hul eerste wedstryd teen Stanford Lake College gehad om die seisoen mee af te skop.

“Dit is vir my baie belangrik om aan die gemeenskap te kan teruggee. Dit is ook lekker om die seuns te sien goed doen en die sport word daardeur bevorder,” vertel Marx.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



