NewsSchools

Eerste entrepreneursdag van graad 7-leerders

Geesdriftige graad 7-leerders het Vrydag hul eerste entrepreneursdag by Laerskool Pietersburg-Noord Primary gehou. Organiseerder, Janda Mazzaro sê die dag vorm deel van die leerders se ekonomiese bestuurs­wetenskappe-sillabus om entrepreneurskap te bevorder en te leer hoe ‘n sakeondernemimg werk. Daar was geen tekort aan kreatiwiteit onder die leerders nie. Sommige het heerlike eetgoed van die hand …

Geesdriftige graad 7-leerders het Vrydag hul eerste entrepreneursdag by Laerskool Pietersburg-Noord Primary gehou.
Organiseerder, Janda Mazzaro sê die dag vorm deel van die leerders se ekonomiese bestuurs­wetenskappe-sillabus om entrepreneurskap te bevorder en te leer hoe ‘n sakeondernemimg werk.
Daar was geen tekort aan kreatiwiteit onder die leerders nie. Sommige het heerlike eetgoed van die hand gesit terwyl ander wins met ‘n verskeidenheid speletjies wat hulle aangebied het, gemaak het.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Chelsey Pietersen met toffieappels wat te koop was.
Heerlike hoendervlerkies word deur Zoe Nwokocha verkoop.
Haarkleur is altyd ‘n wenner volgens Lehutso Magale.
Mbali Manganyi bemark haar stalletjie.
Stephan Marais en Marius Engelbrecht beman ‘n tafel met lekkernye.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button