Pieties junior rugbyspanne blink uit in Virseker Bekerreeks
Die jaarlikse Virseker Bekerreeks-wedstryde word deur uithalerskolerugby gekenmerk. Saterdag se kragmeting tussen Hoërskool Pietersburg (PHS) en Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen was ook ‘n hittige stryd. Pieties se junior spanne het hul goed van hul taak gekwyt toe die o.15A- en B-span onderskeidelik 24-12 en 22-7 geseëvier het en die enigste spanne is wat Saterdag …

Die jaarlikse Virseker Bekerreeks-wedstryde word deur uithalerskolerugby gekenmerk.
Saterdag se kragmeting tussen Hoërskool Pietersburg (PHS) en Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen was ook ‘n hittige stryd.
Pieties se junior spanne het hul goed van hul taak gekwyt toe die o.15A- en B-span onderskeidelik 24-12 en 22-7 geseëvier het en die enigste spanne is wat Saterdag in die semifinaal teen Hoërskool Middelburg speel.
Die o.14A-span van PHS het ‘n allemintige loesing van 5-38 op die hals gehaal.
Die tweedespan het hard probeer, maar kon in ‘n taai wedstryd slegs 10 punte teenoor Vossies se 13 punte aanteken. Die eerstespan het ‘n goeie vertoning gelewer, maar Ben Vorster was te sterk en PHS het met 15-21 op hul baadjie gegee.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com








