NewsSchools

Pieties skenk bloed

Hoërskool Pietersburg-leerders het tydens ‘n onlangse SANBS Limpopo bloedskenkkliniek fluks bloed by die skool geskenk. Armand Pretorius het vir die eerste keer geskenk en is deur gereelde bloedskenker, Christiaan Theunissen, aange­moedig. “Ek het ‘n vrees vir naalde en bloed, maar wou graag my deel doen om ander te help,” het Armand gesê, alhoewel hy nog …

Hoërskool Pietersburg-leerders het tydens ‘n onlangse SANBS Limpopo bloedskenkkliniek fluks bloed by die skool geskenk.
Armand Pretorius het vir die eerste keer geskenk en is deur gereelde bloedskenker, Christiaan Theunissen, aange­moedig. “Ek het ‘n vrees vir naalde en bloed, maar wou graag my deel doen om ander te help,” het Armand gesê, alhoewel hy nog nie besluit het of hy kans sien om dit ‘n tweede keer te doen nie.
Christiaan het gesê hy moedig alle leerders aan om bloed te skenk. “‘n Mens weet nooit wanneer jy of jou geliefdes bloed benodig nie.”

Storie en foto: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button