NewsSchools
Curro Heuwelkruin se deftige matriekafskeid
Matriekleerders in smaakvolle aanddrag het Woensdagaand hul opwagting op die rooi tapyt in gemaak om hul skoolloopbane by Curro Heuwelkruin vaarwel toe te roep. Om ekstra luister aan die spoggeleentheid te gee, het leerders in luukse voertuie, blitsige sportmotors en ‘n veteraanmotor by ‘n plaaslike hotel opgedaag waar die sjiek funksie gehou is. Volgens organiseerder, …

Matriekleerders in smaakvolle aanddrag het Woensdagaand hul opwagting op die rooi tapyt in gemaak om hul skoolloopbane by Curro Heuwelkruin vaarwel toe te roep.
Om ekstra luister aan die spoggeleentheid te gee, het leerders in luukse voertuie, blitsige sportmotors en ‘n veteraanmotor by ‘n plaaslike hotel opgedaag waar die sjiek funksie gehou is.
Volgens organiseerder, Mynie Nel was die tema “Under the big top” gekoppel met ‘n “Vintage Circus.” Nel sê die skool het terselfdertyd die geleentheid gebruik om leerders sterkte toe te wens met die komende rekordeksamen.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com






















At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



