NewsSchools

Kruinies se o.14-span in halfeindstryd van gesogte reeks

Kruinies se o.14-span was verlede Saterdag in ‘n verwoede bui en het hul opponente van Curro Hazeldean in Pretoria met ‘n 52-7-wegholoorwinning verneder en Saterdag in ‘n wegwedstryd in die semifinaal van die Virseker Bekerreeks teen Hoërskool Vryburg met 24-27 verloor. Na ‘n harde wedstryd en verskeie pogings van Curro Heuwelkruin se eersterugbyspan om Hoër …

Kruinies se o.14-span was verlede Saterdag in ‘n verwoede bui en het hul opponente van Curro Hazeldean in Pretoria met ‘n 52-7-wegholoorwinning verneder en Saterdag in ‘n wegwedstryd in die semifinaal van die Virseker Bekerreeks teen Hoërskool Vryburg met 24-27 verloor.
Na ‘n harde wedstryd en verskeie pogings van Curro Heuwelkruin se eersterugbyspan om Hoër Tegniese Skool Carel de Wet tydens verlede Saterdag se kwartfinaal in ore aan te sit, moes Kruinies die knie met 31-36 buig.
Kruinies het sterk begin en telkens agter die pale gaan kuier, maar HTS Carel de Wet het vinnig hul verdediging opgeskerp om die Kruinies van hul doellyn af weg te hou en terselfdertyd kort-kort deur Kruinies se verdediging geglip om punte aan te teken. Die spanne speel in afdeling 3 van die reeks.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Eerstespanspeler, Reece Wynne, probeer staande bly.
Daniel Erasmus van Kruinies soek wegkomkans.
Ofentse Maubane probeer ‘n bal onderskep.
Thobakgale Kgaugelo word omsingel.
Godwin Maluleke storm vorentoe.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button